Pyl en boog aanval dood talle

Die polisie van Noorweë in die dorp Kongsberg, ten weste van die hoofstad Oslo sê hulle het iemand in aanhouding wat talle mense met ʼn pyl en boog doodgeskiet het.. Dit is egter te gou om te sê wat die redes is vir die aanvalle en of dit terroriste dade is.

Die polisie glo egter die man het as enkel persoon die aanvalle uitgevoer waarin 5 mense gedood is en twee ander ernstige wonde opgedoen het.

Die aanvalle is by ʼn bekende winkelsentrum van die dorp uitgevoer, en polisie probeer nou ook vasstel wat die motief vir die aanvalle is.

Een van die gewondes is ʼn polisiebeampte wat  van diens af was en word gehospitaliseer waar hy later ʼn verklaring sal aflê wat moontlik meer duidelikheid kan bring.

Spesiale polisie is betrek in die ondersoek om vas te stel of dit ʼn terroriste aanval is, en sê die vreemde aanvalswapen kan enige iets beteken.