Poolse hof beslis teen EU

Die Konstitusionele Tribunaal van Pole het beslis dat die land se wette oorheers in Pole teenoor die Europese Unie se hof in Brussel.

Die Poolse hof het in ag geneem dat wette wat in die land geld, deur geen ander instansie se wette oorheers kan word nie, want die Poolse wette is demokraties gevestig in belang van die bevolking van Pole.

 Die beslissing van die Poolse hof sal die spanning tussen die land en die Europese Unie verder verhoog aangesien die EU in sy hof uitspraak beslis het dat Pole gehoor moet gee aan die uitspraak wat in Brussel gelewer is.

Die hof se beslissing dat die Poolse wette voorrang geniet bo die van die Europese Unie, sal nie net die verhouding van Pole as lidland versuur met die EU nie, maar kan selfs lei tot Pole se uittrede soos voorheen gewaarsku is.

Die Konstitusionele Tribunaal se beslissing kom nadat n vol bank van die land se hof uitspraak gegee het, en wat slegs deur twee regters teengestaan is.

Die hof het op versoek van die Poolse Eerste Minister, Mateusz Morawiecki, die beslissing van die EU hof in hersiening geneem, en daarmee die optrede en standpunt van die Poolse regering ondersteun.