Polisie konfiskeer miljoene Rand se goed

Die polisie het beslag gelê op nagemaakte skoene van bekende make ter waarde van sowat R25 miljoen, maar geen arrestasies kon uitgevoer word nie.

Die skoeisel word as Adidas, Nike, New Balance, Puma and Converse voorgehou, en alhoewel daar ook ander instansies se name gebruik word, wild it lyk of die mees gewilde name voorrang geniet by die bedrieërs.

In samewerking met die Metro polisie van Johannesburg, het polisie beamptes toegeslaan nadat die Inkomstediens se beamptes ook behulpsaam was.

Verskeie verteenwoordigers van die internasionaal erkende maatskappye het meegewerk om die vervalste skoeisel te identifiseer as ʼn produk wat nie uit die werklike vervaardigers se fabrieke kom nie.