Polisie herstel Ecuador tronk chaos

Die polisie van Ecuador moes ingryp om die gewelddadige wanorde in ʼn tronk te beëindig, maar die is voorafgegaan met groot lewensverlies en ure se harde werk.

Gevegte het losgebars in die tronk tussen bendes wat meeding om die ondergrondse mag te behou in die tronk, wat uiteindelik tot die dood van 118 mense gelei het.

Die hoof van die Ecuador polisie sê veiligheids operasies het die kalmte herstel in die Litoral tronk van die kusdorp Guayaquil in Ecuador.

Die bendes wat klaarblyklik albei verbind word aan dwelm kartelle se gevegte was so bloedig dat bewaarders nie kans gesien het om tussenbeide te tree nie. Die polisie se hulp is ingeroep, en ʼn sterk polisie kontingent het opgedaag, maar het ook ure lank gesukkel voor die gevegte stopgesit is en almal weer tot kalmte gebring is.

 Sowat 1,000 polisiebeamptes het onder bevel van ʼn polisie generaal tussen die vegtendes inbeweeg en die een na die ander vasgevat en teruggeneem na hulle selle.

Die eerste gevegte het losgebars toe een bendeleier die indruk wou laat dat hy die mense van die tronk beheer, en kort daarna het die chaos losgebars.