Peru premier en kabinet bedank

Die kontroversiële Eerste Minister, Guido Bellido, en sy kabinet het hulle eenparige bedanking ingedien by Peru se president, slegs twee maande nadat hulle die regering gevorm het.

President Castillo het egter nie op hom laat wag nie en die nuwe regering  se kabinet ingesweer.

President Pedro Castillo het die bedanking van die Eerste Minister aangekondig tydens ʼn TV program en die omgewingsbewuste en menseregte aktivis, Mirtha Vasquez, as sy nuwe Eerste Minister aangewys.

Die president het ook die hele kabinet ingevolge die grondwet van Peru, dadelik geherstruktureer en gesê hy wil die bevolking inlig dat die bedankings aanvaar het van die premier wat self besluit het om uit te tree.

Die Eerste Minister sê hy het sy bedanking ingedien op versoek van die president, en die bedanking het ook die hele Kabinet ingesluit.

Waarnemers sê die president het die aanstelling van die nuwe premier gedoen enkele ure na die bedanking van die kabinet ontvang is.

Die nuwe Eerste Minister Vasquez (46) word algemeen beskou as ʼn linksgesinde wat deur die koalisie regering gesteun sal word, aangesien hy nie deel is van die Marxiste-Leninisme se Bevry Peru Party nie.