Opskorting van hofsaak teen Kataloniër verras

Die Italiaanse Hooggeregshof het die saak teen die Kataloniese volksman en separatiste leier, Carles Puigdemont vir ʼn onbepaalde tyd opgeskort.

Puigdemont word deur die Spaanse regering gesoek weens sy onafhanklikheidsverklaring van Katalonië nadat ʼn referendum gehou is.

 Die Italiaanse hof het in sitting gegaan met die saak van Puigdemont nadat die Spaanse regering versoek het dat hy uitgelewer moet word, maar nou het die hof die saak opgeskort en Puigdemont toegelaat om die hofsaal saam met sy regsverteenwoordiger te verlaat.

Honderde ondersteuners van Puigdemont het om hom saamgedrom toe hy die hofsaal verlaat het om in ʼn voertuig weg te ry nadat hy sy ondersteuners bedank het vir die opkoms.

Dit is nie bekend wanneer die hofsaak moontlik hervat gaan word nie, maar kenners meen dit kan nog maande van diplomatieke onderhandelings tussen Italië en Spanje wees voor uitsluitsel verkry gaan word.