Oostenrykse Kanselier Kurz bedank

Skokgolwe het deur Oostenryk gespoel toe die konserwatiewe Kanselier Sebastian Kurz aangekondig het dat hy van voorneme is om sy bedanking in te dien as kanselier van Oostenryk.

Hy het aangekondig dat die huidige Minister van Buitelandse Sake hom sal opvolg as kanselier.

Die aankondiging van Kurz kom nadat bewerings in die media verskyn het dat sy regering belasting fondse gebruik het om gunstige media dekking te kry, en wat beskou word as erge korrupsie.

Kurz het aangedui dat hy as parlementslid sal aanbly as leier van die Oostenryk Volksparty en dat Alexander Schallenberg, die huidige Minister van Buitelandse Sake, as nuwe kanselier sal dien.

Kanselier Kurz is beskou as die nuwe opkomende Europese leier in die politieke arena wat ʼn nuwe koers sou aandui op verskillende terreine.

Die uittredende kanselier het aan die media gesê sy bedanking kom omdat Oostenryk, en die volk, vir hom veel belangriker is as hyself, en daarom maak hy plek vir sy opvolger.