Oostenryk se nuwe kanselier ingesweer

Die 52 jarige Alexander Schallenberg, wat tot nou die Oostenrykse Minister van Buitelandse Sake is die week ingehuldig as die nuwe kanselier.

Hy neem die plek in van die 35 jarige Sebastian Kurz  wat bedank het weens die ongerymdheid wat deur die regering toegepas is om die media met staatsfondse te oorreed om positiewe berigte te publiseer.

Hewige kritiek is geopper wat Kurz uiteindelik laat besluit het om terug te staan as kanselier, en is deur die Minister van Buitelandse Sake, Alexander Schallenberg, opgevolg wat deur President Alexander van der Bellen ingesweer is.

Kanselier Schallenberg is ʼn getroue vriend an sy voorganger, Sebastian Kurz, wat nou in verskeie parlementêre hoedanigheid sy rol sal vervul.