Ondersee kabel sal internet verbeter

Die nuwe ondersee internet kabel wat Afrika en Europa aan mekaar koppel gaan glo ʼn aansienlike vermindering in internet koste beteken.

Wat egter nog meer verblydend is, is die feit dat die internet spoed blykbaar soveel as drie keer vinniger sal wees.

Die inligting is pas vrygestel deur die internet reus Google Afrika se besturende direkteur. Hy sê die maatskappy maak stadig vordering met die konstruksie om die kabel neer te sit en te koppel met takke in Nigerië, Namibië, St Helena en Suid-Afrika.

Die kabel wat  Equiano gedoop is, sal begin in Wes-Europa en bring die kabel langs die Weskus van Afrika, om uiteindelik Portugal en Suid-Afrika te Koppel met take wat langs die weg gekoppel word.

Die nuwe kabel stelsel sal ongeveer 20 keer meer kapasiteit bied teenoor die vorige kabel wat met Suid-Afrika verbind is.

Die kabel sal ook die eerste ondersee kabel wees wat die nuwe tegnologie van veselglas omskakeling moontlik maak, en sal daarna die bestaande, verouderde stelsel vervang.