Oekraine vra gas by EU

 Senior diplomate van die Europese Unie (EU) en die Oekraine het omvangryke gesprekke gevoer oor die toekoms rakende die omstandighede in die oostelike gebied van die Oekraine en hoe om die ekonomiese en politieke bande te versterk.

Die EU leiers het die week met  President Volodymyr Zelenskyy in Kiev, die land se hoofstad vergader waarby die Europese Kommissie se hoof, President Ursula von der Leyen ook betrek is.

Tydens die byeenkoms het President Von der Leyen belowe dat voorsiening gemaak sal word dat die Oekraine sy natuurlike gas voorraad sal ontv ang noudat die Russiese-Duitse pyplyn voltooi is en in werking is.

Die EU onderneem ook om ten nouste saam te werk met die Oekraine om te verseker dat die gas voorraad verhoog word teenoor wat tot nou toe gelewer is.

Kommer bestaan in die Oekraine dat die lewering van gas ʼn erge krisis kan word, maar alhoewel die nuwe Nord Stream 2 gas pyplyn nie die Oekraine insluit nie, word die stelsel aangepas om gas doeltreffend te lei na die land.

Vroeër het die Oekraine direk gas uit Rusland gekry, maar die nuwe pyplyn het die hele verspreiding verander.