Nuwe skool leerplan vir 2024

Die Departement van Basiese Onderwys is besig met die skep van ʼn nuwe geskiedenis leerplan vir skole in Suid-Afrika wat glo in 2024 in werking sal kom.

Omdat die geskiedenis herskryf word, beteken dit dat die ware Afrikaner geskiedenis sodanig verander gaan word dat dit in vele gevalle vernederend sal wees, reken deskundiges in Afrikaner geledere.

Die opvallende is dat die Departement en die regering beoog om die nuwe geskiedenis verpligtend te maak van Graad 10 tot 12.

Die minister beweer dat verskeie hooggeplaastes en taalkenners, navorsers en ander akademici betrek word om insette te lewer sodat die finale produk gereed gemaak kan word vir 2024.

Die Onderwys Departement is ook besig om moedertaal onderrig later ingestel te kry, maar kenners reken die ANC droom gaan nie gou werklikheid word nie.

Landswyd word 540 skole later betrek om gemoniteer te word met die implementering van die nuwighede wat as nuwe vakke in 2024 gereed moet wees, en waarvoor handboeke opgestel en gedruk moet word, terwyl die onderwysers nuwe opleiding sal moet kry.