Nuwe komeet bring sy besoek

Die groot en baie bekende Halley komeet is nie net die een wat nog lank onthou sal word nie, maar is een van die grootstes wat nog deur die sonnestelsel getrek het.

Maar nou is daar ʼn nuwe, reusagtig groot, en selfs vreesaanjaende komeet wat sy verskyning gemaak het in ons sonnestelsel.

Die massiewe komeet, wat volgens die eerste metings, ongeveer 320 kilometer in sy deursnit is, en boonop so groot is dat wetenskaplikes dit beskryf as honderde kere groter as wat ʼn komeet gewoonlik is.

Die komeet is nog te ver om te bepaal of sy roete deur die ruimte van ons sonnestelsel sal wees, en of hy met die blote oog gesien sal kan word.

Daar is ook die sogenaamde voorspellers wat sê die komeet gaan die aarde tref om ʼn einde te maak aan die mensdom, maar wetenskaplikes dink anders oor die saak.