Noord-Korea toets anti-vliegtuig missiel

Die kommunistiese Noord-Korea beweer dat hy sowat ʼn week gelede ʼn suksesvolle hipersoniese missiel toetse uitgevoer het, en het nou aangekondig dat hy ook sukses gehad het met die toets van missiele teen vyandelike vliegtuie.

 Die twee missiel toetse kom glo na die land die afgelope ses maande doodstil was oor enige wapen ontwikkeling.

Die regering het ook gesê hy wil die kommunikasielyn wat vir noodgevalle gebruik was, weer instel na Suid-Korea.

Daar bestaan egter twyfel oor al die nuwe gebeure, en waarnemers wys daarop dat Noord-Korea ʼn rekord het van onbetroubaarheid.

Die vorige Amerikaanse president, Donald Trump, was gewaarsku om nie die leier, Kim Jong-Un se woord summier te aanvaar nie, wat later al duideliker geword het en wat die dialoog laat opdroog het tussen die VSA president en die kommunistiese leier.

Daar bestaan ernstige twyfel oor die Koreaanse skiereiland se bewerings van suksesvolle missiel toetse, want as dit werklik gebeur het, sou die internasionale opsporing netwerk die missiele gesien het, word beweer.

Aangesien die leier, Kim Jong-Un elke geleentheid waar missie getoets word, bygewoon het, is dit vreemd dat die twee geleentheid plaasgevind het in sy afwesigheid.