Noord-Korea maak nuwe aanspraak

Kort nadat die Amerikaanse Pentagon aangekondig het dat die land sy hipersoniese missiel suksesvol getoets het, en dat die wapen teen meer as 5 keer die snelheid van klank deur die lug klief, het die kommunistiese regering ook bevestig dat hy oor ʼn hipersoniese missiel beskik.

Noord-Korea beweer dat hy die week suksesvolle toetse uitgevoer het met sy “hipersoniese” komponent wat moeilik deur die vyand afgeweer sal kan word.

Hulle maak ook daarop aanspraak dat die nuwe stelsel ook ʼn nuwe brandstof stelsel het wat die missiel se spoed verhoog.

Suid-Korea het bevestig dat sy noordelike buurland wel ʼn missiel gelanseer het, maar kon nie verdere gegewens bekom oos die voorval nie.

Intussen het wetenskaplikes hulle twyfel uitgespreek oor die moontlikheid waarop Noord-Korea aanspraak maak, veral omdat dit slegs enkele dae later is as wat Amerika sy toetse suksesvol uitgevoer het.