Noord-Korea in voedsel tekort

Die kommunistiese Noord-Korea se voedsel voorraad is steeds kritiek volgens deskundige ontleders en die Verenigde Nasies (VN) het kommer uitgespreek oor die toestand in die land.

Alhoewel die owerheid van die Skiereiland beweer dat alles onder beheer is, het die VN sy twyfel uitgespreek en verwys na die skraal oes, en dat daar tekens is dat Sjina deurlopend humanitêre hulp verleen met groot skeepsvragte voedsel.

Noord-Korea is vir etlike jare onder druk met sy voedsel tekort terwyl sanksies teen die land hom verplig om swaar te leun op Sjina. Die kommuniste is ook in ʼn finansiële krisis wat deels weens die sanksies en die klimaat veroorsaak is.

Alhoewel die leiers beweer dat hulle geen gevalle van koronavirus infeksie het nie, word dit deur die WGO bevraagteken, en meen kenners dat die virus ook bydrae tot die voedsel krisis .

Te midde van voedsel tekorte, ekonomiese agteruitgang, en die pandemie, gaan die land voort met sy kernwapen ontwikkeling program, wat geen stabiliteit bied vir die bevolking nie, word gesê.