Noodsaaklike partisie as plaaslike regerings alternatief?

Die verkiesingskoors is in onlangse weke tot nuwe hoogtes aangeblaas –

Eendersyds weens die normale siklus van lieg-beloftes, waar elke politieke party die ander probeer voorbly met onhaalbare beloftes – hierdie jaar skok veral die VF+ met ʼn manjefieke manteldraai.

Andersyds – en werklik kommerwekkend – is die toetrede van die land se hoogste hof tot die verkiesingstryd aan die kant van die ANC, deur blatant onregmatige bevoordeling van die huidige meerderheids-party.

Dit bevestig inderdaad hoedanig die ANC as party verswak het.

Maar dit beteken dat moontlike koalisie-regerings dienslewering verder gaan verswak.

Die EFF slyp klaar hul verkiesings-messe as die party wat die meeste gaan baat by hierdie potensiëel verskerpte chaos.

Maar in hierdie storm word een kritieke aspek deur géén party eerlik uitgespel nie:

HOE KAN SA SE BANKROT DORPE EN STEDE VOORTBESTAAN?

Cov-19 het die ekonomie fataal verswak; die énigste ongeskonde’s is staatsamptenare, politici en tiene-miljoene toelaag-bedelaars.

            Die tempo waarteen sakeondernemings afskaal of sluit neem steeds toe.

Die meerderheid eis, maar weier hardnekkig om vir dienste te betaal – en die howe beskerm hulle rowery!

En na verskwisting van honderde miljarde, verhoog word staat-salarisse en toelaes wéér roekeloos verhoog, nieteentaande ekonomiese stagnering.

Ons mense is 18 maande gelede verby die absolute keerpunt van redelikheid forseer:

            Dienstegeld en belasting word op ras-gronde gehef en afgedwing.

            Die 80% se wil geld deur diktat …

            Geleentheide word “gereserveer” vir ondankbare’s, gefinansier deur belasting

Die ongeveer 4 miljoen kan bloot nie meer die ander 50 miljoen te dra nie.

Maar, danksy dieselfde politici wat hierdie verval bewerkstellig het, is grense sodanig uitgewis dat die vyand langs en rondom ons bly. 

Danksy manterdraaiery en meelopers, is “volkseie” nie noodwendig meer volkseie nie.

Geografiese partisie is tans bykans onmoontlik.

Die demografiese en ekonomiese balans en geleenthede van weleer is onherroepbaar verkwis deur hierdie meelopers en judasbokke.

En steeds wil die meerderheid van ‘volksgenote’ nie terugdraai nie …

Ons almal weet – self diegene wat die “reënboog” bepleit weet:

            Goeie grense, maak goeie bure.

Suksesvolle en billike partisie begin reeds by die heining in Kaapstad.

Maar Kaapstad leer ons ook inheemse arbeid is onproduktief – destyds al moes arbeiders uit die vreemde ingevoer word!

Die lesse is dus nie nuut nie, maar ook nie die waarskuwings nie …

Maar in die huidige krisis, wat net gaan verskerp in komende maande en jare, moet ons ons egter nie hierteen blindstaar nie.

Nuwe, innoverende denke rondom partisie, eie arbeid, eie volk eerste, is lewensnoodsaaklik.

Dit is ongelukkig tyd om ons eie eerste te stel, en die ander die vrug van hul oneerbare optredes te pluk, die beker wat hulle berei het tot die droesem te ledig – ons doen niemand enige onreg aan wat hulle nie oor hulleself bring nie.

Die grense moet getrek word op dieselfde lyn as ons voorsate – in Jerusalem, Worms, die beginsellyne van Geus en Hugenoot, van Patriot en Trekker by Bloedrivier en Boere by Paardekraal, die Afrikaner quo-vadis roepstem op Monumentkoppie in 1949.

Slégs wie glo en vertrou, soos ons vaad’re vertrou het, is welkom in my volkslaer.

In ons huidige werklikheid gaan daar landwyd volkslaers geskep moet word, met elke suiwer, Christelike gemeente as splipunte vir die gelowige gesinne in haar reikwydte.

Ons gaan saam moet aanbid, élke Sondag, en ons gaan met daardie groep ons plaaslike ekonomië moet sterk teen die onregs-aanslae van die regering – en “opposisie” meelopers.

Ons gaan moet terugkeer na eie arbeid, eie onderhoud van beskikbare infrastruktuur, eie beveiliging, bestaande eie onderwys nog sterker maak.

Maar ons moet ook hierdie proses dankbaar aangryp – wanneer die meulstene maal, skei dit die koring en die kaf. 

Die proses in pynlik, maar dringend nodig, daarom durf ons dit nie ongedaan maak deur ondeurdagte samewerking met die magte van die duisternis nie.

            Dit is maklik om die vyande van buite te eien.

Maar ons moet veral waak teen die kanker van humanisme en menseregte wat soveel self-aangestelde “volks organisasies” brandmerk.

            Wêreldwyd sien ons hoe die ondier van humanisme se wraaklus na vore tree.

            Daar is geen gemene grond vir ons as gelowige volk met hierdie monster nie.

Noodsaaklike, innoverende partisie moet ons wekroep word.  Selfbehoud is die tussen-doelwit, sodat ons ons vryheidstryd kan help oorleef.