Nog feite oor Nkandla bedrog

Nkandla swembad

In die nuutste verslag kom dit na vore dat die sogenaamde sekuriteit opgradering van Jacob Zuma se Nkandla woning tydens sy presidentskap, daar nog inligting is wat minder bekend is.

Die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) het in die Tribunale verhoor waarin gepoog word om R155 miljoen te herwin wat by die opgradering verkwis is, daarop gewys dat die begroting vir opgraderings goedgekeur is vir R27.8 miljoen, en dat sekere gelde herwin moet word.

Die saak dien in die Pietermaritzburg Hooggeregshof, waar regeer Pillay op die bank is.

Volgens ingeligte bronne is die SOE vasbeslote om al die onregmatige optrede met die Nkandla opgradering te ondersoek en aan die lig te bring.

Die feit dat die opgradering uiteindelik ʼn totale uitgawe van R246 miljoen was, is volgens kenners die hoof rede dat daar ondersoek gedoen moes word na bedrog en diefstal.

ʼn Getuie het giste in die hof gesê hoe die sekuriteit opgradering gedoen is waarvan groot bedrae in uitgawes aangegaan is sonder enige goedkeuring daarvoor.

Die een voorbeeld wat genoem is, was die R3 miljoen wat betaal is vir die ontwerp van elite besoekers se voertuig parkeer area met ʼn voertuig garage vir nege voertuie, en die sogenaamde swembad wat 45,000 liter water hou om te gebruik as ʼn brand sou ontstaan.