Nigeriese weermag red dosyne gyselaars

Swaar gewapende bendes en terroriste in die noordoostelike streek van Nigerië maak gereeld aanvalle op kleiner dorpe se skole en ander inrigtings om van die jonger dogters en vroue te ontvoer en gyselaar te hou.

Die afgelope naweek het Nigeriese weermag soldate ʼn suksesvolle aanslag uitgevoer en byna 200 gyselaars bevry.

ʼn Weermag woordvoerder het gesê 187 mense wat ontvoer was deur die gewapende bendes, is bevry en terug gebring na hulle tuistes.

Die Nigeriese owerheid het ʼn militêre veldtog teen die ontvoerders begin en poog om die Kleiner dorpe te beveilig teen die toenemende aanvalle op skole en dorpies.

Die weermag en polisie is met gesamentlike optrede besig om die ontvoerings te probeer stop, maar dit is nie altyd moontlik om die lede van sulke bendes te identifiseer nie.

Die 187 vroue en kinders was vir weke in aanhouding deur die gyselaars, en die veiligheidsmagte moet lank soek om die plek te bepaal waar die gyselaars aangehou word.