Mussolini kleindogter wen verkiesing

Die regse Broers van Italië Party het daarin geslaag om een van hulle omstrede lede verkies te kry as raadslid van Rome, en haar sukses word toegeskryf aan die harde werk wat gedoen is tydens die veldtog.

Rachele Mussolini, die kleindogter van Benito Mussolini, die voormalige politieke leier in Italië, het die kiesers van Rome verras deur oortuigend te wen teen haar teenstanders.

Sy het later gesê haar oorwinning het niks te maak met die familie geskiedenis nie, maar word toegeskryf aan die harde werk wat gedoen is in die verkiesingsveldtog om in die stadsraad van Rome te dien.

Die 47 jarige Rachel is egter met die huidige verkiesing, vir ʼn tweede termyn gekies, en daarmee die Broers van Italië Party weer op die voorgrond geplaas aangesien dit beskou word as die ver-regses van die land.

Met haar verkiesing het sy nie net met oortuiging gewen nie, sy het ook die grootste aantal stemme op haar verenig van alle kandidate.

In 2016 is sy met 657 stemme verkies tot die stadsraad van Rome, en vanjaar het sy alle rekords oortref met 8,200 stemme.

Haar vader, Romano Mussolini was ʼn bekende pianis en die swaer van die filmster Sophia Loren.