Musk verskuif sy Tesla motor aanleg

Die tegnoloog en miljardêr Elon Musk het aangekondig dat sy elektriese motorvoertuig vervaardigings aanleg gaan verskuif na Texas.

Die Tesla motorvervaardiger se hoofkantoor wat in Silicon Valley, Kalifornië  is, sal verskuif na Austin in die deelstaat Texas.

Die verskuiwing word gedoen nadat Musk gevind het dat Texas veel minder stremmende regulasies het as wat in Kalifornië tot hiertoe ondervind is, en waaroor Elon Musk herhaaldelike kere beswaar gemaak het.

Die verskuiwing is ʼn harde slag vir Kalifornië, maar Tesla het aangekondig dat hy die produksie by die Fremont aanleg in Kalifornië gaan verhoog vir die tyd wat die aanleg nog funksioneel sal wees.

Die omstanders het Musk se aankondiging met gejuig en ʼn minute lange applous aangehoor en gesê dit gaan tot almal by Tesla se voordeel wees.

Dit is nie bekend hoe lank en wanneer die verskuiwing sal plaasvind nie, maar die Texas deelstaat het sy tevredenheid uitgespreek oor die groot uitbreiding wat gaan kom.