Malaria entstof toetse gedoen

Die farmaseutiese reus, GlaxoSmithKline se entstof is getoets en die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het die gebruik daarvan goedgekeur.

Die entstof is in verskeie Afrika lande getoets, en lewer slegs ʼn 30% doeltreffendheid, en minstens vier inspuitings is nodig.

Alhoewel die entstof nie baie doeltreffend is nie, glo wetenskaplikes dat die entstof duisende mense se lewens kan red.

Die WGO het die middel goedgekeur omdat dit die eerste produk is wat ʼn mate van beskerming bied teen sterftes weens malaria.

Die farmaseutiese reus is een van die vervaardigers wat reeds vir dekades besig is met navorsing om ʼn doeltreffende middel te ontwikkel teen die malaria muskiet wat jaarliks die dood van duisende mense op aarde veroorsaak.