Lego speelgoed winste hemelhoog

Die wêreldbekende Lego maatskappy het die afgelope jaar enorme winste gerealiseer as ikoniese speelgoed vervaardiger wat meer as dubbel sy normale winste gerealiseer het vir die eerste helfte van 2021.

ʼn Woordvoerder van Lego sê die hoofrede vir die groot wins word direk gekoppel aan die Covid inperkings wat opgehef is en winkels na maande kon oopmaak en oorstroom is om Lego speelgoed te koop.

Lego sê die massiewe aanvraag in die eerste helfte van 2021 en die heropening van winkels het die Deense speelgoed vervaardiger ʼn groot hupstoot gegee na maande van stilte.

Die familie onderneming sê ook sy netto wins het met 140% gestyg tot €847 miljoen vir die eerste ses maande van die jaar.