La Palma vulkaan spoeg rotse

Die Spaanse Nasionale Geologiese Instituut het bekendgemaak dat die La Palma eiland se vulkaan nou rotsblokke uitspoeg wat ernstige gevolge kan inhou vir die inwoners van die gebied.

Volgens woordvoerders van die Instituut is gloeiende rotse, so groot soos ʼn drie verdieping gebou, die lug ingeblaas, wat die vrees wek van baie ernstige lawa vloede wat kan volg.

Die vulkaan se  lawa het reeds meer as ʼn 1,000 geboue vernietig en die Spaanse owerheid sê dat die nuwe ontwrigting van lawa wat na benede vloei word wel gemoniteer, maar is ʼn uiterste gevaar vir mense in die omgewing, en die afgelope drie weke se ontwrigting blyk nie gou te bedaar nie en kan nog maande duur.

Die vulkaan uitbarsting hou ook verband met die 21 aardskuddings wat die eiland getref het, waarvan die hewigste skudding op die Richterskaal 3.8 geregistreer het.

Die Kanariese Eiland Vulkaan Instituut sê die onophoudelike vloei van lawa, met ʼn temperatuur van tot 1,240 grade Celsius, is nie net vreesaanjaend nie, maar vernietig die gebied se algehele infrastruktuur.