La Palma; Vulkaan lawa wek nuwe kommer

Die vulkaniese uitbarsting op die Spaanse eiland La Palma het so vererger dat mense beveel is om in hulle huise te bly met geslote vensters en deure om die giftige gasse te vermy,

Die lawe wat deur plase vloei veroorsaak groot skade aan landerye waar kunsmis gestrooi is saam met die gewasse wat gesaai word.

Die lawa het intussen gevloei tot die eerstes in die see gekom het, wat weer nuwe en meer gevaarlike gasse veroorsaak.

Die vulkaan, Cumbre Vieja, op die Kanariese Eiland La Palma het vir dekades dormant gelê, maar die afgelope weke al hewiger rook en as wolke uitgestoot tot die lawa uitbarsting gekom het wat duisende mense verplig het om hulle woonplekke te verlaat.   

Mense van die eiland is deur die owerheid gewaarsku om die giftige gasse te vermy wat veroorsaak word wanneer lawa in die see vloei.

Die owerheid het sekere gebiede na aan die lawa wat na die see stroom, afgesper sodat mense nie die giftige gasse inasem nie.

Kenners waarsku dat die gasse ernstige nagevolge sal veroorsaak, en moet vermy word, en wys ook daarop dat die vulkaan nog vir maande sy uitbarsting kan volhou en selfs kan vererger.