Kubaanse opposisie protes verban

Die aanhoudende oproepe van pro-demokratiese inwoners in die kommunisties beheerde Kuba om na ʼn demokrasie oot te skakel en ontslae te raak van die huidige maghebbers, het gelei tot skerp optrede van die owerheid.

Die Kubaanse owerheid beskuldig die opposisie groepe daarvan dat hulle poog om die regime te onttroon en die stelsel te omskep.

Alhoewel die opposisie nie daarop gereageer het nie, is hulle sterk bewus daarvan dat die regering die protes optogte verbied het.

 Die anti-regering ondersteuners word daarvan beskuldig dat hulle deur die VSA ondersteun word om die regering omver te werp, en daarom word die verset optogte verbied.

Die opposisie het glo beplan om landswye optogte te hou op 1 November, maar die owerheid het ʼn verbod geplaas op verset optogte van die opposisie.

Die Kubaanse regering sê by monde van sy openbare verteenwoordiger dat baie van die protesteerders bande het met verdagte organisasies en agentskappe uit Amerika.

Hierdie organisasies word gebruik om die regering van Kuba te vervang met ʼn Amerikaanse stelsel, en daarom kan sulke optogte nie toegelaat word nie, sê die regering.