Kripto mark groei in SA

Die mark van kripto geldeenheid is besig om groter te word in Suid-Afrika en met verskeie nuwe eenhede op die markte beskikbaar, word die uitbreiding blykbaar nie gekeer nie.

Die hele kripto mark het nuwe, groter stappe geneem om legitimiteit te verleen aan die stelsel wat tot nog vir menige in Suid-Afrika ʼn onbekende veld is.

Groter maatskappye en selfs regerings kyk met versigtigheid na die stelsel, en talle het begin om waag kapitaal te investeer.

Suid-Afrika het self ook op die wa gespring en die Safcoin, wat Afrika se eerste digitale munt is, van die grond gekry.

Die eenheid is glo op die HotBit gelys as een van die groter handels platforms, maar of die stelsel volhoubaar sal wees, is onbekend en sal