Korrupsie: Chili president dal afgesit

Die woede van die opposisieparty in die Suid-Amerikaanse staat Chili, het na vore gekom toe hulle met die proses begin het om President Sebastian Pinera in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Die president word daarvan verdink en beskuldig dat hy met kullery besig was om ʼn myngroep ooreenkoms bloot te stel in die Pandora Papier data lekkasie wat soveel opspraak verwek het.

Die proses wat gevolg word om die president in ʼn staat van beskuldiging te plaas kom na aanleiding van die ooreenkoms wat in sy vorige termyn as president na vore gebring is.

Die konserwatiewe President Sebastian Pinera het nou ook een van die leiersfigure van die wêreld geword wat as politieke leier om afsetting in die gesig te staar weens beweerde korrupsie in die Pandora Papiere of ander wandade.