Korea: Noord en Suid herstel “noodlyn”

Die Noord-Koreaanse regering het die noodlyn met Suid-Korea afgeskakel in Augustus weens die sterk verhouding van die Suide met die VSA op militêre gebied.

Die Noord-Koreaanse leier het intussen voortgegaan met die toets van nuwe missiele waarvan die aansprake wat gemaak word, deur Westerse lande bevraagteken word.

Die afgelope naweek het die Minister van Kommunikasie in Suid-Korea bevestig dat die noordelike buurstaat weer versoek het om die noodlyn tussen die twee lande te herstel.

Die staatsbeheerde nuusagentskap van Noord-Korea het berig dat die land bereid is om weer die nood kommunikasielyn tussen die twee lande te herstel.

Die kommunistiese skiereiland het aangedui dat die herstel van die lyn nodig is om sekere belangrike take tot uitvoer te bring, maar het nie gesê wat die noodsaaklike take is nie.

Verlede week het die leier, Kim Jong-Un gesê hy is gereed om die noodlyn te herstel, maar die Suid0Koreaanse regering het geswyg en dit onus op die noorde geplaas om die lyn te herstel wat hulle twee maande gelede afgeskakel het.