Koop nou aanlyn direk by boere

ʼn Nuwe metode om vars groente, vrugte en vleis te bekom, het moontlik geword deur ʼn aanlyn stelsel wat nou deur FarmDirect begin is.

Verbruikers kan hulle plaasprodukte aanlyn bestel soos in enige ander aanlyn stelsel, met die wete dat die produkte vars van die produsent af, gelewer sal word.

Selfs handelaars kan nou van die metode gebruikmaak om te verseker dat hulle goeie gehalte produkte aan die verbruiker kan lewer.

Die stelsel is so dat boere kan hulle besonderhede op die FarmDirect platform laai, en kan selfs die reeks produkte daar bekendstel aan verbruikers.

Aanlyn bestellings het sedert die koms van die koronavirus al meer byval gevind by verbruikers, en die vermyding van winkels het by baie mense posgevat om nie weer te verander nie.

Die aflewering van die aanlyn aankope wissel van plaas eienaars se omstandighede, maar die diens wat nog in sy kinderskoene is, sal met tyd al hoe meer seepglad verloop.