Klimaat laat koraalriwwe verdwyn

ʼn Studie wat deur die Global Coral Reef Monitoring Network gedoen is, toon dat koraalriwwe onder druk is weens die klimaatverandering wat ook die see beïnvloed, en daarmee die seelewe affekteer.

Volgens die vrygestelde verslag is 14% van die wêreld se koraalriwwe in die tydperk 2009 tot 2018, reeds verlore.

Die aard verwarming is die hoofoorsaak vir die verdwyning van riwwe en volgens die verslag sal al meer koraalriwwe, wat uiters sensitief is vir temperatuur veranderings, begin verdwyn.

Kommer bestaan dat die toename in temperatuur  van seewater uiteindelik sal lei tot die algehele uitsterf van die kosbare koraalriwwe.

Die verslag wys daarop dat 11,700 vierkante kilometer van die see bestaan uit koraalriwwe, wat dit ʼn groot bron van kommer maak as die seewater se temperatuur gaan verhoog.      

Die verslag is die jongste van die soort wat vrygestel is, en verteenwoordig 12,000 verskillende plekke waar koraalriwwe is, en die besonderhede daarin vervat strek oor die afgelope 40 jaar met 73 lande se gegewens.