Johannesburg minder Eskom afhanklik

Die Johannesburg stadsraad is in ernstige besprekings gewikkel om sekere gebiede van die stad se elektrisiteit van Eskom weg te vat, sê die nuut verkose burgemeester van die stad.

Burgemeester Mpho Moerane het aan die media gesê dat ʼn ooreenkoms sal bereik kan word dat die stad eienaarskap neem van talle sleutel gebiede, wat ondermeer die onderstaande gebiede sal insluit:

Soweto; Orange Farm; Diepsloot; Ivory Park; Finetown; en Sandton.

Hy sê die aanvanklike onderhandelings tussen die stad en Eskom is gefokus op Soweto, veral omdat inwoners kla oor die gebrek aan diens lewering, terwyl krag onderbrekings in die gebied gedurig voorkom.

Te midde van verskeie afskrywings wat Eskom gemaak het vir Soweto, en jare lank reeds sukkel om betalings te kry vir krag gebruik, skuld die swart stad ongeveer R7.5 miljard aan Eskom.

Eskom het as gevolg van die optrede van Soweto, dit goedgekeur dat City Power die diens oorneem. Met die moontlikheid dat Johannesburg stadsraad self die beheer oor Soweto neem, is waarskuwings geopper dat dit die Goudstad in ernstige finansiële krisisse kan dompel.