Japan: Parlement kies nuwe premier

Na die bedankings van die Japanese Eerste Minister weens sy ongewildheid, is die voormalige Minister van Buitelandse Sake beskou as die opvolger, en is hy die afgelope naweek verkies.

Die nuut verkose Eerste Minister, Fumio Kishida, is verkies as die leier van die regerende politieke party, en ook as die nuwe premier van Japan.

Die Eerste Minister se eerste belangrike taak is glo om die nadelige invloed van die koronavirus pandemie op die land se ekonomie, aan te spreek.

Hy het Maandag ʼn dringende spesiale parlementsitting gehou en begin om konsensus te bereik met ander partye om die regerende Liberale Demokrate Party te sterk vir die belangrike veranderings wat beplan word op politieke gebied.

Hy is aangewys as Japan se 100ste Eerste Minister sedert die land sy eerste kabinet saamgestel het in 1885.

Hy het in ʼn kort toespraak gesê die eerste taak is om die ekonomiese hervorming wat twee jaar gelede aangekondig is, te vestig en uit te bou soos beplan is.

Hy sê die mikpunt word gestel dat ʼn massiewe pakket ter waarde van $269 miljard gevestig word teen die einde van 2021 met die doel om sakeondernemings te help wat gebuk gaan onder die uitwerking van die pandemie.