Japan mik na nuwe premier

Fumio Kishida

Die regerende party in Japan se parlementslede moet stem vir ʼn opvolger van die huidige Eerste Minister, Yoshihide Suga, wie uittree weens die stygende ontevredenheid oor sy vermoëns.

Die grootste aanklag teen die premier is sy hantering van die koronavirus pandemie, en hoe dit die afgelope Olimpiese Spele beïnvloed het.

 Die verkiesing het Woensdag plaasgevind en politieke ontleders in Japan sê die keuse het as geen verrassing gekom nie.

Die regerende Liberale Demokratiese Party se keuse as Eerste Minister is gewoonlik ook hulle voorkeur dat die persoon die party se leier word. Daar word eerstens ʼn partyleier gekies, en daarna die premier, maar gewoonlik word die partyleier ook as premier aangewys. Die Japanese is egter bekend daarvoor dat hulle die Eerste Minister baie maklik vervang, en daarmee poog hulle ook om as regerende party aan bewind te bly.

Kort nadat die regerende party sy Eerste Minister aangewys het, word die aanstelling deur die parlement goedgekeur.

 Fumio Kishida is gekies om Yoshihide Suga te vervang as die nuwe leier van die Liberaal Demokratiese Party, en het net-net gewen teen sy grootste teenstander, Taro Kono.

Fumio Kishida, die voormalige Minister van Buitelandse Sake sal waarskynlik ook as Eerste Minister aangewys word,