Italianers in verkiesingstryd gewikkel

Meer as 12 miljoen Italianers, wat sowat 20% van die bevolking is, het die stembusse genader in die algemene munisipale verkiesings van die land.

Die nasionaliste, wat in Europa as “ver-regs” bestempel word, is glo hard aan die werk gewees om van die belangrikste munisipaliteite te oorwin te midde van ʼn skandaal wat oor hulle koppe hang.

Die wedloop om die burgemeesterskap in die groot stede te verower, vereis dat ʼn kandidaat minstens 50% van die stemme moet kry, en word daar hard gefokus op die groot stede, sonder om na te laat dat die 1,200 munisipaliteite ook belangrik is.

Rome, Milaan, Napels, Turin en Bologna het Sondag begin stem in die verkiesing wat oor twee strek en wat deur twee nasionalistiese partye nagejaag word.

Meningsvormers reken egter die gematigde regses, en gematigde linkse partye het die beste kans om die hoofstad te verower.