Is jou erfenis een van bou, breek of blameer

Ons dink baie maklik aan die twee uiterstes in kultuur en voortspruitende lewensbeskouing.

            Sommige volke en individue uit daardie volke BOU.

            Ander BREEK … verwoes, steel, of laat alles bloot verval deur luiheid …

Maar daar is ʼn derde stroom wat toenemend prominent is in die openbare sfeer: BLAAM.

Spesifiek om vir elke (gewoonlik voorspelbare) mislukking die blaam te verplaas.

            Dit is nooit diefstal nie, maar “armoede”.

            Dit is nie onbevoegdheid nie, maar “agtergeblewe”.

Druipelinge se (verdiende) swak prestasie is die gevolg van ander se “onregverdige sukses” en “historiese bevoordeling”.

Die volgehoue mislukking van SEB is nie weens onvermoë nie, maar omdat minderhede “steeds bevoorreg” is, terwyl “armoede” steeds ander terughou.

Hierdie laaste twee sake verdien ons aandag.  Dit is wesentlik twee kante van ʼn bankrot staat se klatergoud-munt.

Sedert 1994 word die SA samelewing en ekonomie streng op grond van ras bestuur en regeringsbeleid het twee uitstaande kenmerke:

            Om die meerderheid-belang deur wetgewende maatreëls te bevorder.

Maar tweedens, eksponensiëel vernietigend:

om die voorgaande nie te bereik deur opheffings-, werkskeppings- of ontwikkelings strategië nie, maar deur ander se geleenthede en vermoëns deur sosialistiese diktat te ontneem.

Die noodwendige gevolg: onderdrukte minderhede trek laer, by wyse van spreke, pas aan (soms positief, soms beginselloos) en maak grootliks die beste van ʼn slegte saak.

            Dít is immers ons erfenis.

            Vryburger, Hugenoot en Patriot moes eenmaal die kolonie BOU.

            Hieruit het ons volk gegroei, en ons trekker-voorsate het ʼn nuwe land GEBOU.

            Die onbewoonde woesteny is omskep, bewoon, bewerk en bewaar!

Alles nieteenstaande inhalige buurskap van inheemse volke, nieteenstaande imperiale oorheersing, het ons telkens HERBOU.

Die voorlaaste was na afloop van die vernietigende vryheidsoorlog in 1902.

Nie net was ons land letterlik afgebrand en ons volk tot in die grond in verarm nie.

Ons volk was gedesimeer deur volksmoord in die kampe en verbanning na elders.

Nógtans het CNO-skole gedy.

Nógtans het ons volk steen-vir-steen HERBOU.

Soms het dekades en geslagte verloop … armoede was algemeen tot die 50’s.

En dit alles was gedoen in ʼn omgewing van ver-Engelsing, kulturele- en ekonomiese onderdrukking deur die Engelse- en Engels-gesinde owerhede en besighede!

            Die Afrikaner het SA opgebou lánk voor 1948 – teen haas elke struikelblok in!

Ons voorsate het hier gewoon en gebou – koloniale plundering was nooit deel van óns geskiedenis nie!      

En sedert 1994 het dieselfde gees – meer gefragmenteerd, minder beginselvas in vele gevalle – weer begin HERBOU.

EN … dieselfde afguns en haat van weleer kom nou weer na vore.

Die “oorwinning” van 1994 was veronderstel om aan die nuwe heersers die vrug van SA in die skoot te lê.

Maar met niemand wat bereid was om die akkers te BEWERK nie, was daar spoedig geen oes nie. 

Om te breek, is betreklik maklik.  Dit geskied deur argeloosheid, deur korrupsie en plundering.  En ook dit bring ʼn vrug voort – armoede, agteruitgang – die nuwe SA!

BLAAM het daarom die gerieflike alternatief geword.

Bloot omdat alles wat afgebreek kon word, nou in as lê … 

Maar natuurlik is dit nie die luiheid, oneerlikheid, korrupsie van die meerderheid nie!

Die blaam word nou geplaas op diegene wat – alle onderdrukkende maatreëls ten spyt – áánhou BOU en oorleef.

Die “utopia” wat voorgehou was “bestaan steeds”, maar nou in die “private besit” van diegene wat bereid om aan te hou WERK, aan te hou BOU.

En die sub-kultuur van “entitlement” vind skaamtelose gemene grond in BLAAM.

“Ek is arm” omdat iemand anders harder werk.

“My punte is swak” omdat iemand anders klasse gebruik, nie afbrand nie.

“My vaardighede skiet kort” omdat iemand anders studeer, ervaring opdoen.

Die grootste gevaar is egter nie hierdie ver-kankerde vreemdelinge nie, maar soos in 1900-02, soos telkens sedert 1910, die hensoppers, joiners en jingo’s – vandag leef hulle voort in die rangordes van politieke partye as aktiewe BREKERS of passiewe stemvee.

Ons volk moet hervorm. 

Terug na die beginsels uitgeleef deur volksleiers soos president Kruger, generaal Hertzog en doktor Verwoerd.

Dit sluit in terugkeer na suiwer regerings-beginsels – in afwesigheid van die politieke wil moet ons strewe na de facto selfbeskikking, plaaslike gesentreer in gemeenskappe en eie ondernemings.