IMF data verander tot Sjina voordeel

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se besturende direkteur staar beskuldigings en moontlike vervolging in die gesig dat sy gedurende haar vorige pos by die Wêreldbank Sjina bevoordeel het.

Sy word daarvan beskuldig dat sy personeel van die Bank onder druk geplaas het om data te verander sodat dit tot Sjina se voordeel sou strek.

Kristalina Georgieva, die IMF se Besturende Direkteur, het die aantygings ontken, en sê sy het niks verkeerd gedoen by die Wêreldbank nie.

Intussen het gesaghebbende instansies geëis dat sy uit haar amp ontslaan word weens haar beweerde oneerlike handeling, maar die IMF raad het gesê hulle sal later ʼn amptelike besluit neem of sy toegelaat sal word om haar pos te behou by die IMF.

Die IMF Raad sê in ʼn verklaring dat geen besluit in die pas afgelope vergadering geneem is nie omdat aansienlik meer besonderhede nodig is wat eers bekom moet word.