Hongarye steun Poolse hof bevinding

Die konserwatiewe regering van Hongarye, het deur sy Eerste Minister, Viktor Orban, ʼn resolusie onderteken ter ondersteuning van die Poolse hof wat beslis het dat die Poolse Konstitusie voorrang in Pole geniet bo die Europese Unie se wette.

 Premier Orban se optrede kom nadat sy land in ʼn soortgelyke situasie was met die Europese Unie, wat meebring dat die spanning tussen die EU en die twee lande besig is om op te bou.

Hongarye het met die resolusie die enigste land geword wat tot dusver die Poolse hof ondersteun, en in direkte konfrontasie staan met die EU se standpunt dat lidlande die EU wette moet gehoorsaam.

Bespiegelings dat Pole en Hongarye dalk wil uittree uit die Europese Unie is deur die regering van Pole verwerp, en het hy gesê daar is geen gedagte om uit die EU te tree nie.

Hongarye sê in sy resolusie dit is betekenisvol dat die Europese Unie poog om sy gesag bo die van ʼn soewereine staat af te dwing, en dit moet teengestaan word.