Hong Kong verban kort rokke

Die kommunistiese owerheid van Hong Kong het nuwe regulasies uitgevaardig wat bepaal dat vroue nie meer toegelaat sal word om kort rokke of kort broeke in die openbaar te dra nie.

Persone wat hulle skuldig maak aan die oortreding, kan tot vyf jaar tronkstraf opgelê word.

Persone wat dit sou waag om foto’s te neem van vroue se bene kan ook agter tralies beland, en toeriste word ook gewaarsku om nie die regulasies te oortree wanneer hulle die stad besoek nie.

Hong Kong is egter nie die eerste stad wat poog om vroue te beskerm teen die misbruik van hulle kleredrag en gewoontes nie, en is slegs in navolging van wat Duitsland reeds etlike jare gelede in werking gestel het.

Hong Kong se “misdaad amendement wetgewing teen kort rompe of rokke, en die neem van ʼn foto van vroue sonder hulle toestemming, word gesien as beskerming van vroueregte.

Die wetgewing het van krag geword nadat die organisasie, “Concerning Sexual Violence Against Women” aangedring het op beskerming van vroue.

Nadat Duitsland die eerste stappe geneem het om vroue te beskerm, het talle lande sy voorbeeld gevolg ten einde te voorkom dat mense veral op die sosiale netwerk beledig word.