Hong Kong bevestig sy Sjinese status

Die kommunisties gesinde Carrie Lam, leier van die Hong Kong raad, het hierdie week die stad se jaarverslag gelewer met die nuwe beleid daarby ingevleg.

Dit is die laaste rede wat sy vir haar huidige termyn gelewer het, en het ook geraak aan die prioriteite wat die voormalige Britse kolonie in die vooruitsig stel as die Sjina se kommunistiese gebied.

Hong Kong is nou deel van die Sjinese kommunistiese “een land, twee stelsels” wat op verskeie ander selfregerende lande afgedwing is.

Die stad gaan glo pro-aktief optree ingevolge die nuwe wette soos van toepassing is in kommunisties beheerde gebiede.

Nasionale sekuriteit sal voortaan opgeskerp wees om pro-demokratiese verset te beperk of selfs te verbied waar nodig, en oortreders word gearresteer.

Die radio en TV kanale word beskou as rolmodelle om die sogenaamde kommunistiese grondwet te ondersteun.

Juridies sal die stad klaarblyklik onderwerp word aan die gesag van Beijing, en daarmee word die pro-demokrate so ingeperk dat verset nie meer enige goeie resultaat sal lewer nie, het een van die demokrate gesê.