Groot toename in misdaad verwag

Met die aankondiging dat Suid-Afrika van Vlak 2 na Vlak 1 oorskakel wat betref die koronavirus grendel tyd, verwag deskundiges en ervare polisiebeamptes dat misdaad in die volgende paar maande drasties kan toeneem.

Verskeie faktore word in aanmerking geneem, waarvan die komende Desember vakansie tydperk waarskynlik ʼn belangrike tyd is. Tesame daarmee is die meer vrylike beweeg van mense ewe belangrik.

Die geweldige werkloosheid wat heers, en wat byna maandeliks verder toeneem, is die heel belangrikste rede waarom rooftogte, inbrake, kapings, en dikwels moord, kan toeneem.

Kenners sê Suid-Afrika moet hom staal en hom gereedmaak vir ʼn onaangename tyd van inbrake, wat dikwels gewelddadig sal wees.

Na verwagting sal die kontant-in-transito voertuie ook die misdadigers se groot teiken word, en mense kant OTM punte maar liefs vermy, is gesê.

Die SA Banke Inligting Risiko Sentrum sê rowers regoor die land het afgeneem in die groot grendel tydperk van 2020, maar nou dat die ergste beperkings opgehef is, het die misdaad reeds met 22% gestyg.

In die derde kwartaal van hierdie jaar het die totale misdaad gevalle met byna 50% toegeneem, en die groot tyd van misdaad bedrywighede sal van middel Oktober tot begin Januarie 2022 ondervind word.