Groen energie kry hupstoot

Die Suid-Afrikaanse energie krisis gaan nog lank met die land se verbruikers van elektrisiteit wees, tensy groen energie ʼn groter bydrae lewer.

In ʼn nuwe ooreenkoms om groen energie te bevorder, en die privaatsektor befondsing kan bekom, het Pacific Investment Management, een van die wereld se grootste beleggings bestuur finansierders sowat R3 miljard lening toegestaan aan die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika.

Die doel is om die Ontwikkelingsbank in die posisie te stel om lenings toe te staan aan entrepreneurs en verbruikers wat son-plase en ander groen energie projekte wil aanpak.

Die herfinansiering ter bevordering van groen energie deur oprigting van sonpanele in verskillende projekte, kan bydrae tot ʼn vermindering in afhanklikheid van die onbetroubare diens van Eskom, of kan selfs die Eskom diens verbeter as die sonenergie aan Eskom gelewer word.