Grens skending deur Sjina veroordeel

Die talle Sjinese vegvliegtuie wat die grens na Taiwan oortree het, is deur die Amerikaanse regering veroordeel en is kommer uitgespreek oor die gevaarlike spel waarmee die Sjinese besig is.

Volgens waarnemers het Sjina die grens sone vir die derde dag in ʼn ry geskend, en Westerse lande is bekommerd oor die uittartende optrede van Beijing.    

Van die oortreders is SU-30 vegvliegtuie wat in die Taiwannese lugruim gevlieg het, en die Amerikaanse Departement van Verdediging het Sjina gewaarsku om dadelik te stop om oor die grens na die eiland te vlieg.

In ʼn verklaring sê die VSA hy is baie bekommerd oor die Volksrepubliek van Sjina se provokasie met militêre aktiwiteite teen Taiwan, wat destabiliserende optrede is, die risiko waag, en ondergrawing van die streek se vrede en stabiliteit veroorsaak.

ʼn Totaal van 39 Sjinese Lugmag vliegtuie het die Taiwan lugruim in gegaan gedurende die naweek se verrigtinge, wat die spanning tussen die twee lande naby breekpunt gebring het, en Westerse lande bekommerd het oor die veiligheid in die streek.

Die Taiwan Minister van Verdediging sê dat die Sjinese Sondag ʼn verdere 16 vliegtuie in die eiland se lugruim gehad het.