Georgië regering wen plaaslike verkiesing

Die Georgië Droom Party het die munisipale verkiesings oortuigend gewen, te midde van die arrestasie wat uitgevoer is op die voormalige president.

Die Europese Verkiesings Monterder het egter gesê beskuldigings is gemaak van stem kopery en ander onreëlmatige handelinge van die regerende party.

Verskeie waarnemers en organisasies het die regering gekritiseer vir die wyse waarop die verkiesing gehou is en die talle beskuldigings wat ontvang is oor verkiesings bedrog.

Bewerings is gemaak dat die regerende party die arrestasie van die voormalige president op die regter tyd gedoen het om die hele verkiesing te oorheers en mense daardeur te beïnvloed.

ʼn Woordvoerder van die regerende Droom Party het in reaksie gesê die oorwinning is ê wen vir vrede in die land, en ekonomiese voorspoed vir almal.