Georgië inwoners woedend oor arrestasie

Die woedende inwoners van die Oos-Europese staat Georgie het in massas by die land se parlement opgedaag uit protes teen die arrestasie van die voormalige president van die land.

Die regering het gedreig om die aanklagte teen die oud president te vermeerder met kriminele oortredings wat hy voorheen begaan het en waarvoor hy tot nou nie aangekla is nie indien hy hom nie aanvaarbaar gedra nie en die ses-jaar vonnis aanvaar nie.

Die voormalige president is in sy afwesigheid skuldig bevind in die hof vir

 misbruik van sy mag as president, en is na sy terugkeer uit die Oekraine gearresteer.

Die regering is egter ook besig om die proses te bespoedig om die beskuldigde vry te laat uit aanhouding, maar dit kan glo ʼn paar dae sloer.

Oud president Saakashvili se ondersteuners het egter nie hulle optog afgelas nadat die regering bekendgemaak het dat hulle sy vrylating oorweeg nie, maar met groter erns hulle protes en verset probeer wys.

Die optoggangers sê die voormalige president vra niemand om verskoning, is nie van plan om die politieke toneel te verlaat nie, en vra nie parool nie, en daarom behoort die regering hom onverwyld vry te laat.