Gaan Argentinië ook verander?

Javier Milei is blykbaar die vyfde persoon wat die gevestigde politieke stelsels wil omkeer nadat die Franse president Emanuel Macron en die grapjas van die Oekraine sonder ʼn politieke party vinnig gevorder het tot regeerders. Daarna was dit Donald Trump (VSA) en toe Jair Bolsonaro van Brasilie.

Die jong ekonoom en kritikus van politieke strukture het die afgelope maande skerp gereageer en later bekend gemaak dat hy sonder politieke partye se steun, gaan deelneem aan die land se volgende presidentsverkiesing.

En die jonger kiesers van die land sê hulle steun hom by die stembus.

Hy is van mening om eers as verteenwoordiger aangewys te word by die Nasionale Kongres, daarna wil hy mik na die amp as president, en wild it bereik met sy slagspreuk: Vryheid kom voor die Staat.

Hy is nie net ʼn “rock-sanger” nie, maar ook n baie goeie doelwagter vir die sokkerspan, en nou is hy ʼn professor in ekonomiese sake, wat mik om Argentinië se Eerste Burger te word.

Die parlementêre verkiesing word gehou op 1 November en met die vooraf verkiesings het hy reeds 13% van die stemme gekry, en waarnemers sê dit is die eerste rooi lig van die ander politieke partye.