Facebook analis getuig in VSA

Die voormalige Facebook data analis het getuig voor die Amerikaanse Senaat na sy ʼn bom gelos het oor die tegniese reus se kennis en nalatigheid met betrekking tot die skadelike uitwerking wat dit veroorsaak.

Die voormalige analis, Frances Haugen, het twee jaar lank vir maatskappy gewerk as data wetenskaplike en het die Senaat toegespreek na sy nav ore gekom het met ʼn wye reeks veroordelings van die maatskappy.

Haugen het toegang tot interne dokumente gehad wat ook navorsing betref wat aantoon dat die maatskappy bewus is van die uitwerking wat veroorsaak word deur sy platforms.

Sy het ook klagtes geliasseer by die Federale Owerheid rakende Facebook se interne navorsing wat toon dat van die platforms haat, valse inligting en politieke onrus bevorder, terwyl die maatskappy wegkyk daarvan.

Sy sê getuig voor die Senaat omdat sy glo Facebook produkte is skadelik vir kinders en verswak ook die demokrasie van die land.

Volgens Haugen weet Facebook dat as hy wil bly groei, het hy meer gebruikers nodig, en daarom word sekere waardes oorboord gegooi.

Die oproep word gemaak dat die regering Facebook moet druk om belangrike veranderings te maak wat minder skadelik is, het sy gesê. Die maatskappy het gekies om te bly groei, ongeag wat dit sal vereis, het sy bygevoeg en verwys na die politieke en ander platforms wat misbruik word.