EU skenk duisende treinkaartjies

Persone in die ouderdom van 18 tot 20 jaar kan nou aansoek doen vir treinkaartjies wat gratis beskikbaar gestel word om regoor Europa te reis.

Die nuwe inisiatief kom om reis geleenthede aan jongmense te bied met die pandemie wat besig is om minder ernstig te wees in die grootste deel van Europese lande wat lid is van die Europese Unie.

Die Europese Kommissie loof sowat 60,000 inter-spoor kaartjies uit aan die jeugdiges wat hulle sal toelaat om deur Europa per trein te reis vir die volgende vier weke.

Die EU sê dat jongmense gedurende die pandemie baie geleenthede verbeur het en wil met die beskikbaarstel van treinkaartjies die geleentheid bied dat hulle kan reis na plekke en geleenthede waarna hulle uitsien.