Eskom waarsku – nog baie beurtkrag

Die Nasionale kragvoorsiener het gewaarsku dat beurtkrag nog lank by die Suid-Afrikaanse verbruikers sal wees en wys daarop dat dit met tussenposes van Fase 1 na Fase 2 sal wees, en dat Fase 3 ook later ingestel sal moet word.

Intussen het die hoof van Eskom se bedryf afdeling, Jan Oberholzer, gesê die ander probleem wat tans ondervind word, is die sabotasie en vandalisme wat deur misdadigers toegepas word.

Hy sê al; meer gevalle word ondervind van diefstal wat gepleeg word, en belangrike toerusting word gesteel, wat die vermoë om onderhoud en instandhouding doeltreffend te doen ernstig benadeel.

Oberholzer sê die personeel werk 24 uur per dag om die herstelwerk en onderhoud gedoen te kry, maar dat daar wel beurtkrag gaan volg na Maandag, is gewis, het hy verklaar.