Eskom laat SA in donkerte

Die bewerings word gemaak dat die nasionale kragvoorsiener Eskom, nie geld het nie, ook nie behoorlik opgeleide mense wat instandhouding doen nie, en het ook nie diesel vir die bystand eenhede nie.

Dit is waarom Suid-Afrika ook nie elektrisiteit het nie, word gesê.

Die beurtkrag wat klaarblyklik nog tot Donderdag sal duur, kan moontlik ook tot die naweek voortgaan as die onderhoud en herstelwerk nie gou genoeg afgehandel kan kom nie.

Intussen kos dit Suid-Afrika miljarde Rand per dag aan man-ure wat verlore gaan, en finansiële kenners sê dit is een van die redes waarom die land se ekonomie gedaal het tot rommelstatus.

Finansiële deskundiges wys daarop dat beurtkrag die land sowat R500 miljoen per dag kos vir elke fase wat toegepas word. Dit beteken dat die huidige fase 2 die ekonomie met R1 miljard per dag verswak.