Eise stroom in: Premier moet bedank

Met ʼn toenemende vlaag van eise dat die Oos-Kaapse premier moet bedank, word verwag dat omwentelinge in die provinsie verwag kan word met die komende munisipale verkiesing op hande.

Oscar Mabuyane se bedanking word deur talle opposisiepartye geëis nadat die Openbare Beskermer glo verdoemende getuienisse ingewin het teen die premier vir onreëlmatige bevoordeling van meer as R1 miljoen weens tender bedrog.

Die tender wat glo bedoel was vir die roudiens van Winnie Mandela is klaarblyklik op onregmatige wyse hanteer tot voordeel van die premier.

Die leiers van die Cope party en ander opposisiepartye het nou begin om druk toe te pas dat die premier sy kantoor moet ontruim.

Die premier sê egter hy het sy regsverteenwoordiger opdrag gegee om die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag teen te staan.

Opposisie leiers het woedend gereageer en sê die premier sal immoreel optree as hy nie sy amp neerlê nie, terwyl ander reken hy behoort in die hof verantwoording te doen.